UIT DIE PEN VAN ONS HOOF

 Waar 2020 soos 'n sneltrein weggespring het, word ons almal nou skielik tot stilstand geruk.

Met die stadiger pas en dalk meer tyd tuis, waarmee ons noodgedwonge gekonfronteer word, is dit die ideale tyd om gesinsbande te versterk.

Die vraag wat nou ontstaan is hoe gaan die akademiese tyd wat deur die verlengde vakansie verlore gaan, ingehaal word.

Ons wil ons ouers en Garsies in hierdie verband tot rustigheid stem.

Met die verlengde vakansie gaan daar slegs 10 skooldae verlore. Hierdie dae gaan ingehaal word deurdat die Junie-vakansie met 7 dae verkort word en die Septembervakansie met 3 dae. Dus gaan daar geen akademiese tyd verlore nie. Die presiese datums is nog nie deur die Departement van Onderwys verskaf nie.

Laerskool Garsfontein het produktief opgetree en beplanning vir die tweede kwartaal is reeds afgehandel.

Daar sal genoegsame tyd aan elke vak en komponent gegee word. Elke onderwyser se beplanning en voorbereiding is reeds hierby aangepas.

U as ouer kan wel gedurende die vakansie die volgende doen:

1. Die halfjaareksamen se vraestelle vir Graad 4 tot 7 is op google drive beskikbaar. Volg die volgende skakel: https://drive.google.com/drive/folders/1gF2RhHgptlvqxLv- QcVuzuWZbLTC2paW?usp=sharing. Alhoewel u nog nie die werksafbakenings ontvang het nie, is hierdie 'n goeie riglyn van die formaat van die vraestelle.

2. Daar kan in die Departementele Werksboeke gewerk word.

3. Die Wolkskool: Die Wolkskool is 'n Afrikaanse aanlyn leerplatform met lesse in video-formaat, assesserings en werksboeke. Besoek die webblad by: www.wolkskool.co.za

4. Ouers word aangemoedig om die Stimulus Reading Rocket program tuis te installeer sodat daar genoegsame leesoefeninge gedoen word.Enter your text here...

Create your website for free! This website was made with Webnode. Create your own for free today! Get started