SPORT

RUGBY teen GREY...

Geluk aan die O/10 A-span met 'n pragtige wen.

Skaak: WELKOM COACH HANS!

Skaakmat!

Garsies-Skaak is dankbaar vir ons nuwe coach, mnr. Hans Steyn. Onder leiding van hom en huffrou Nadia gaan Garsies se skaak net nog hoër vlieg!

RANDHART

Netbal A-Spanne gaan kuier Saterdag 7 Maart 2020 by Randhart.

Dit is vroeg oggend. 'n Klompie dogters is gereed om te vertrek na Laerskool Randhart vir die Netbaldag.

Soos gewoonlik stel ons Garsies nie terleur nie. Na baie spanning, konsentrasie en spanwerk, eindig Garsfontein onder 11 en 12 A netbalspanne eerste en ons onder 10 en 13 A spanne eindig tweede.

Na n suksesvolle dag, met die kous oor die kop, waai die Randharters die suksesvolle Garsies totsiens toe.

Ons wens al ons netbalspanne sterkte toe vir die wedstryde wat nog voorlê. Mag Garsies nog baie wendoele aanteken hierdie seisoen en onthou, Garsies vlieg altyd hoër! .

Gimnaste 

Laerskool Garsfontein se seuns het uitstekend gepresteer by die Nasionale Gimnastiekspele in Kaapstad (23 - 28 September 2019).

Bernard Combrink het altesaam vyf keer op die podium verskyn en vyf top drie medaljes verower. Hy is nou die top gimnas in Suid-Afrika in vlak 5 op vloer en die nr. 2 gimnas op brug. Hy is nr. 3 op die beulperd sowel as op spronge en nr.4 op die rekstok en algeheel tans die nr. 2 gimnas in Suid- Afrika.

Ethan Douglas het ook sy kompetisie afgesluit in die top helfte van Suid-Afrika se beste Vlak 5 gimnaste. Divan van Rensen het goed gevaar en mooi in die bondel sy kompetisie afgesluit op Vlak 5.

Pieter de Meillon het die 2de plek verower op vloer en is die top gimnas in Suid-Afrika op spronge in sy ouderdom in vlak 5 en het in die algeheel 7de plek in Suid-Afrika klaargemaak.

Nathan Douglas is in vlak 4 tans die nr. 2 gimnas op spronge, nr. 4 op rekstok en op vloer en algeheel die 3de beste seun in Suid-Afrika.

Al hierdie Garsieseuns was lede van dieselfde klub in Pretoria (Rey's Gimnastiekklub). 

TENNIS


GARSIE-TENNIS!

Ons baie talentvolle Eerstes... Hierdie dames en manne kan maar 'n bal slaan!

SWEM GARSIES SWEM

Ons O/13 swemspan word aangekondig! Kapteine vir A-span is Naidene Bouwer en Henré Prinsloo en die kapteine vir die B-span is Anna Marie Erasmus en Liam Vasconcelos.

Create your website for free! This website was made with Webnode. Create your own for free today! Get started