KULTUUR

Senior Revue

Die eerste kwartaal van hierdie jaar het met 'n spoed begin. Voor ons ons oë kon uitvee is die kwartaal reeds verby maar ons Senior Revue het reeds op elke Woensdag hard begin oefen aan die jaar se revue kompetisies.

Die Senior Revue is bekend vir hulle besonderse dans roetines en uitspattige kostuums. Juffrou Ioanita en Janelle is die hoof van die Senior Revue. Sy moet seker maak dat almal al die danspassies ken en dit boonop nog gelyk ook kan doen!

Juffrou Loanita is baie opgewonde oor hierdie jaar se tema. Die tema is "Sonvanger." Sonder om te veel weg te gee, gaan dit oor die weermag wat op die son verlief raak. Ons kan nie wag om te sien wat die Senior Revue die jaar gaan doen met die tema nie en ons hou duimvas vir hulle almal.

Die Senior Revue leerders oefen elke Woensdag hard in die saal.

Milla Nolte                            

DRAMA by die DRAMA

Dinsdae is daar baie pret. Saam met hul drie Drama jufrouens. Juffrou Thana, Petricia en Bernadette leer die leerlinge om hul karakters uit te beeld. 

Drama help baie met die ontwikkeling van 'n kind se selfbeeld en selfvertroue. Gunsteling gedigte soos Juffrou Bekker het alreeds naamgemaak by optredes. Die gedigte en karakter uitleef, maak vir kinders 'n goeie fantasie wereld en help hul om by aktiwiteite betrokke te raak. Dit leer kinders nuwe tegnieke en help die leerlinge met kommuniekasie. Kom na die Drama klub by ONS GARSIES en geniet dit!

Geskryf deur Diederik de Bruin


Die Dramakareet

Kom ons doen 'n bietjie drama - YO

Saam met juffrou B , P en Thana - YO

Want dis mos lekker - YO

Net soos 'n krekker - YO

Hierdie is ons dramakreet - YO!

So luister na ons rympie - YO

En gee vir ons ons pluimpies - YO

Hierdie is ons dramakreet -

yo yo yo

GARSIES

Plant 'n SPEKBOOM

Die Landsdiens het gewys dat hulle omgee vir die aarde deur spekboompies te plant! 

Meneer Pottas - Koor

Meneer Anton Pottas, die nuwe koorafrigter van die senior koor is in murg en been 'n musikant wat tans 5 kore afrig.

Meneer Anton is al 8 jaar lank 'n koordirigent. As kind was sy droom om 'n towenaar te word, maar gelukkig vir die Garsie senior koor het hy later besluit om eerder met musiek en spesifiek koormusiek te toor. Mnr Anton sit ook graag agter 'n klavier wanneer hy nie voor 'n koor staan nie.

Dit was vir hierdie verslaggewers baie spesiaal om te hoor dat Mnr Anton juis koor afrig omdat hierdie werk met die kinders hom nader aan die Here bring. Hy glo dan ook dat koor nie net vir kinders musiek leer nie, maar dat die koor ervaring ook van ons beter maatjies vir ander maak.

'n Hoogtepunt van Mnr Anton se dag is wanneer die hele koor saam die musiek geniet. 

Juffrou Erika - Musiek is haar lewe

Ons eie G-sharp-ster, juffrou Erika Lemmer, is ook 'n ervare koorjuffrou met 17 jaar koorafrigting agter haar naam.

Juffrou Erika se liefde vir musiek het op skool al begin waar sy self ook deel was van haar skool se koor. Dié musikale juffrou toor nie net met 'n junior koor nie, maar weet ook presies hoe om 'n klavier se klawers te streel, 'n viool te laat sing en 'n kitaar te tokkel om nie eers te praat van toor met 'n blokfluit nie.

Juffrou Erika wou nog altyd 'n onderwyseres geword het. Sy geniet dit baie om met die leerlinge te werk. Om die junior koor af te rig is vir haar 'n hoogtepunt omdat sy die kans kry om haar liefde vir musiek ook vir die kinders te leer.

Juffrou Erika glo om lid te wees van 'n koor is 'n besondere manier om 'n liefde vir musiek te leer. Wat 'n voorreg vir ons juniors om hierdie ontdekkingsreis saam met Juffrou Erika te kan aanpak.

Create your website for free! This website was made with Webnode. Create your own for free today! Get started