Het jy geweet...?

Korona-virus FEITE

Inligting verkry deur Manuela Molina Cruz, www.mindheart.co/descargables

Ons Garsiegerf span gaan vir al ons leerlinge mooi verduidelik wat hierdie virus beteken. Soos julle almal noual weet, moet ons vir paar dae in ons huise bly. Hoekom? Sodat hierdie virus nie kan versprei nie en ons almal gou weer bymekaar kan wees by die skool.

Hierdie virus is familie van griep en gewone verkoue. Sy naam is Korona virus. Kom ons gebruik net die woord Korona. Hierdie Korona hou baie van reis en spring van hand na hand om vir almal hallo te se. Ons gaan dalk bekommerd, verward, hartseer en nuuskierig wees. Dit is te verstane, maar kom ons verduidelik jou mooi hoe gaan hierdie Korona te werk en dat jy dit beter kan verstaan.

As hierdie Korona kom kuier dan bring hy probleme met asemhaling, hoe koors en hoes. Korona bly nie baie lank by mense nie en mense kan gesond word van hom. Net soos jou seerplek weer gesond raak as jy geval het.

Moenie bekommerd wees nie! Bly kalm! Die mediese personeel en volwasse mense om jou, sal mooi na jou kyk. Hoe kan ons 'n verskil maak, sodat hierdie Korona nie vir ons kom kuier nie.

Wel, julle moet jul hande met seep en water was. Moet nie aan jou gesig vat nie en as jy hand ontsmettingsmiddels gebruik, wag tot dit droog is. Bly by jou huis en hou jouself lekker besig. Dokters is hard aan die werk om 'n entsof te maak en ook om hierdie Korona te bekamp om verder te kuier by al ons mense. As jy al hierdie dinge doen, kan Korona nie kom kuier en jou siek maak nie.

Kom ons almal werk mooi saam, sodat hierdie Korona totsiens se en ons almal weer lekker saam by die skool kan leer en speel.

Garsie-ouers en gemeenskap! Kom ons staan saam en help om die bloedvoorraad voor die Paasseisoen aan te vul.

INLIGTINGSDAG!!

WIT FLADDERENDE WOLKE

Daar was 'n wit wolk oor ons skool, wat fladder!

Hier by ons Garsies, was daar aan die einde van verlede jaar en begin hierdie jaar 'n vreeslike groot hoeveelheid wit vlinders. Hulle het in groot groepe oor ons skool se rugbyveld gevlieg. Die leerlinge het lekker baljaar tussen hierdie vlinders en nuuskierigheid geprikkel. Waarom vlieg hulle juis oor ons skool?

Die grasveldwitjies of Belenois aurota is 'n klein tot medium grootte vlinder van die Pieridae-familie wat in Afrika en Suid Asia voorkom. Oorbevolking dryf die vlinders noordoos in die rigting van Somaliƫ, waar daar ook witgatbome voorkom.

Ses maande later is daar 'n 'n soortgelyke migrasie na Suidelike Afrika waartydens die vlinders opgevreet word. Wanneer die vlinders migreer, word hulle prooi vir voels, spinnekoppe, geitjies en natuurlik van ons leerlinge wat hul sien as tennisballe.

Na die kruising van provinsies verby die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwestelike provinsies op hul reis na die noordooste, vlieg hulle veral in die dorpe en stede van Gauteng, Mpumalanga en ook dele van die Limpopo-provinsie.

Soos hulle verder noord beweeg gaan sommiges dood terwyl daar baie nuwes by hulle aansluit. Uiteindelik is daar dan 'n reuse wolk vlinders wat tot 'n kilometer in die lug strek. Die migrasie is afhanklik van weeromstandighede.

Die hoeveelheid vlinders wat migreer, verskil van jaar tot jaar. Hoe die spesie voorplant, hang van die beskikbaarheid van voedsel af.

As hierdie mooi vlinders aan die einde van hierdie jaar bo-oor jou huis kom vlieg neem beslis fotos en stuur dit asseblief vir ons by die Garsiegerf. Wees 'n Garsienatuur-liefhebber en bewaar die vlinders wat elke jaar ons vermaak!

Diederik de Bruin

Create your website for free! This website was made with Webnode. Create your own for free today! Get started