ALGEMEEN

Nuwe ONNIES

Nuwe onnies

Daar het hierdie jaar baie nuwe onderwysers by ons Garsie-span aangesluit.

Die nuwe personeel is: Mnr. Stephan Smith, Mnr. Walter Groenewald, Me. Chanzelle Snyman, Me. Marindi Blignaut, Me. Meyerlene Grahamen Me. Kiah Ross.

Die nuwe aflospersoneel is: Me. Leanie Joosten en Me. Erdine Coetzee. Die nuwe assistente is Me. Francis Aldrich, Me. Mariet Bacon, Me Chaté van der Merwe, Me. Monique Pieterse, Me. Bernadette Kirstein, Me. Charlene Greeff, Me. Nerina Schutte, Mnr. C J van der Merwe, Mnr. Stefan de Wet, Mnr. J J Rosin en Mnr Reynardt Anderson.

Van hierdie onderwysers mag dalk reeds aan Laerskool Garsfontein bekend wees, maar vul nou 'n nuwe pos.

Die Garsiegerf het by 'n paar van die nuwe onderwysers kers opgesteek en gevra wat hulle "superpower" sou wees as hulle 'n superheld was en wat hulle uniek as onderwysers maak.

Meneer Walter sê dat hy graag sou wou kon vlieg en hy is nie so ernstig soos die ander onderwysers nie.

Meneer Stephan sou ook graag wou vlieg en het baie geduld.

Juffrou Chanzelle sê dat sy mense se gedagtes wil lees en dat onderwys nie net vir haar 'n werk is nie, maar 'n passie wat sy elke dag die geleentheid kry omuit te leef.

Juffrou Marindi wil graag met diere kan praat en kan nog steeds speel soos 'n kind.

Juffrou Meyerlene wil blitsvinnig kan merk en het ook baie geduld.

Ons is seker dat al die nuwe personeel hier by ons sal welkom voel!

Nicolaas Jansen van Rensburg

Tall Trees - 

Om jou unieke leierskapstyl te ontgin

Die Leiers het 'n groot geleentheid gekry om 'n aanlyn temperamentstoets te doen, en sodoende 'n werkswinkel by te woon saam Mev Estie Boltman.

Hierdie werkswinkel se doel was om as 'n rigtingwyser te dien, sodat jy die plek kan vind waar jy op jou beste benut en vervuld kan wees, en ook om jou te help om ander hulle plekkie in die son te gun.

Wat 'n belewenis was dit. Die leiers het so baie van hulself geleer en ook hoe om hul persoonlikheid uitleef teenoor mekaar.

Die kuns van leierskap is immers om te weet wanneer om te buig, wanneer om regop te staan en wanneer om met ander te dans.

Die werkswinkel was in verskillende afdelings verdeel, soos die werskprofiel.
Jou werskprofiel verduidelik praat, luister, hoe jy leer en jou werk tuis en by die skool doen. Dan was daar die Sosiale profiel. Dit is hoe jy kuier, baklei en jou emosies wys.

Jou lewensuitkykprofiel is hoe jy die lewe sien, veranderings aanpak en sukses sien. Laastes wat ons geleer het was oor die leierskapprofiel. Hierdie profiel dui aan watter soort leier jy sal wees.

Baie dankie vir hierdie geleentheid wat gebied is vir ons Leiers.

Vir meer inligting, besoek gerus Tall Trees se webtuiste by www.talltreestraining.com

Koronavirus....Nee, eerder BOOTCAMP! 

Koronavirus....Nee, eerder BOOTCAMP!

Wel, soos ons skool gesluit is tot 14 April, sien ons almal net die woord VAKANSIE! Beslis nie in my huis nie. By my huis beteken dit bekend as BOOTCAMP.

Vitamines en knoffelpille word elke oggend gesluk. Hierdie koronavirus gaan nie 'n houvas op my kry nie.

Die Maandag tot Donderdag Program is alreeds uitgedruk vir hierdie 4 weke wat voorlê, niemand gaan soos 'n nat waslap voor die tv lê nie.

Oggend vroeg, oefenprogram. Hoekom? Die rugbyliga is dieselfde week as wat die skool begin -  en so word ons vreeslik gedril.

Ma glo dat 'n kind nie heeldag TV en foon moet speel nie anders kry ek mos vierkantige ogies.

Werkkaarte is oop op ons lessenaars en ons MOET lees. Ja, lees vir 40 minute of meer. Ek, Trompie, Jaco Jacobs en vele meer gaan groot vriende word hierdie vakansie.

Buite speel is hoog op ons lys. Die son is mos goed vir daardie kieme wat wil kom broei. Die groentetuin kry ook die beste aandag skielik, omdat die winkels se rakke leeg is as gevolg van mense se paniekerigheid.

Ja, ja darem is daar ook skermtyd! Dit is 2020, tegnologie is mos die inding en Ma, ons moet bybly met dit!

Mag jou 4 weke van BOOTCAMP net 'n fees wees. Onthou rus voordat 14 April aanbreek en ons Huiswerk weer hope staan op ons lessenaars.

Deur Diederik de Bruin

SOKKIE!!

Donderdag, 13 Februarie

Tyd: 18:00-21:00

Koste: R 20.00

Tema: Around the world

Slegs graad 5 - 7 leerlinge

Ek het met 'n paar kinders gepraat wat die sokkie by gewoon het. Ten spyte van die reën was was die sokkie, soos gewoonlik, 'n reuse sukses!!

Die meeste kinders het die sokkie by gewoon en het volgens die tema aangeterek, maar daar was wel 'n paar kinders wat met gewone klere gegaan het.

WAT MAAK DIE SOKKIE LEKKER?

Wat die sokkie lekker maak is, dat jy kan aan trek wat ook al jy wil maak nie saak wat die tema is nie. By die sokkie kan jy saam met jou maats in die saal gaan dans en daar is baie lekker kos om te koop. Hulle verkoop ook "glow sticks" wat jy om jou arm kan dra. Sokkie is die beste en ek kan nie wag vir die volgende een nie, hoop julle ook! - Larissa

Juffrou Marelize red LETTERLIK lewens.

Garsies is baie trots op ons lewensredder! Welgedaan Juffrou Marelize!


Garsies het hulle harte oopgemaak en duisende blikkies koeldrank aan die Almaskool geskenk. Hierdie blikkies word tydens 'n kermis verkoop om geld vir die wonderlike skool bymekaar te maak. 

GARSIES GEE OM!!

Garsies GEE OM!!

Garsie-juffies speel netbal!

🌿🌿Plantland Garden Centre skenk 5 Spekboompies aan Garsies! Baie dankie! 🌿🌿 .

Create your website for free! This website was made with Webnode. Create your own for free today! Get started